BOEKERUBRIEK – ’n Wêreld waarin sirkusse kan wegwaai

[OORSPRONLIK GEPLAAS IN SUIDERNUUS, 18 MAART 2022]

 

Die Colombiaanse skrywer Gabriel García Márquez is veral bekend vir sy boek One Hundred Years of Solitude, met daardie lieflike openingslyn:

Many years later, as he faced the firing squad, Colonel Aureliano Buendia was to remember that distant afternoon when his father took him to discover ice.

Dié boek word deur baie beskou as die maatstaf vir die magiese realisme – waar dinge in die storie gebeur wat jy wéét wetenskaplik onmoontlik is. Maar om een of ander rede glo jy dit. In die Afrikaanse letterkunde tref ons die magiese realisme veral aan in Etienne van Heerden se Karooboeke.

Die wonderlikhede wat in hierdie tipe boeke kan gebeur, en die vernuf waarmee dit aan die leser opgedis word sodat hulle daarvoor val, maak vir heerlike leesstof waar dit soms voel asof jou verstand net so ’n aks op sy eie as skuif.

Brandarm joernalis

Márquez, wat na ’n roemryke skrywersloopbaan en ’n Nobelprys in Letterkunde in 2014 oorlede is, het sy loopbaan begin as brandarm joernalis (soos die meeste joernaliste). Sy kleurvolle lewe van kerkmuis tot enigma is opgeteken in die outobiografie Living to Tell the Tale.

Waarby ek eintlik wil uitkom, is egter ’n klein boekie met die titel The Fragrance of Guava. Dié boek is ’n optekening van ’n gesprek tussen Márquez en sy vriend, Plinio Apuleyo Mendoza – ook ’n joernalis en skrywer.

Hulle gesels oor Márquez se familie, hoe hy dink oor die skryfkuns, wat hy lees, voorbodes. Sulke goed. En natuurlik oor die magiese realisme.

Man met die geel skoenlappers

Márquez beweer in hierdie boekie dat daar nie ’n enkele sin in sy romans is wat nie in die werklikheid gebeur het nie. Het jy al ooit One Hundred Years of Solitude gelees, sal jy weet dat dit nogal ’n stelling en ’n half is. Mendoza daag hom hierop uit. “Are you sure? Some very bizarre things happen in One Hundred Years of Solitude.”

Márquez staan egter vas en gebruik die voorbeeld van ’n karakter in dié boek, Mauricio Babilonia, wat altyd omring was deur geel skoenlappers.

When I was about five, one day an electrician came out to our house in Aracataca to change the meter. I remember it as if it were yesterday because I was fascinated by the leather belt he used to strap himself on to the poles to stop himself falling. He came several times. On one of these occasions, I found my grandmother trying to shoo away a butterfly with a duster, saying, 'Whenever this man comes to the house, that yellow butterfly follows him.” That was Mauricio Babilonia in embryo.

Mendoza wys Márquez egter daarop dat Europese (oftewel Westerse) lesers gewoonlik baie bewus is van die magiese in sy werke, maar nie soseer die realisme daarin raaksien nie. Márquez het ’n antwoord gereed:

This is surely because their rationalism prevents them seeing that reality isn’t limited to the price of tomatoes and eggs. Everyday life in Latin America proves that reality is full of the most extraordinary things.

Die ‘hele sirkus’ waai weg

Hy gebruik dan die voorbeeld van geweldige sterk suidpoolwinde wat op ’n keer ’n “hele sirkus” in die suide van Argentinië weggewaai het “…and the next day fishermen caught the bodies of lions and giraffes in their nets”.

Márquez verduidelik dat enige goeie roman eintlik maar net ’n poëtiese vervatting van die werklikheid is:

Yes, I think a novel is reality represented through a secret code, a kind of conundrum about the world. The reality you are dealing with in a novel is different from real life, although it is rooted in it. The same thing is true for dreams.

Dieselfde geld dan vir One Hundred Years of Solitude. Maar die uitdaging is om daardie “extraordinary” in die lewe te kan raaksien. Om verby die prys van tamaties en eiers te kan kyk, en die skoenlappers rondom die elektrisiën te sien fladder. Om die subversiewe te kan raaksien – byna te kan vóél – in ’n wêreld waar ’n kameelperd in ’n visserman se net gevang word. En daarvoor hoef jy nie ’n skrywer te wees nie.

Márquez was op die snelweg op pad om saam met sy vrou , Mercedes, en sy kinders vakansie te gaan hou in Acapulco, toe hy besef dat hy One Hundred Years of Solitude moet vertel soos wat sy ouma ’n storie sou vertel.

“I would start with that afternoon when the little boy is taken by his grandfather to discover ice,” sê hy. “A linear history where the extra ordinary fuses, in all innocence, with the commonplace.”

Hy het die kar net daar omgedraai, huis toe gery, en ’n jaar en ’n half lank aan die boek geskryf. (Die kar moes hy verkoop om die gesin aan die lewe te hou.)

“It’s true, I never got to Acapulco.”