Op 11 September 1928 verskyn die eerste volwaardige geregistreerde koerant op Bredasdorp, Die Bredasdorp & Napier Nuus/The Bredasdorp & Napier News, aanvanklik vir Bredasdorp, Napier en Swellendam om munisipale-, afdelingsraad- en staatskennisgewings te versprei.  Die eerste eienaar was Meneer Liebenberg.  Sedertdien het die koerant van eienaar en naam verwissel, en in 1996 neem die huidige eienaars oor en bekom terselfdertyd ook Southern Post, die weeklikse blad op Napier. Die twee word saamgegooi as SUIDERNUUS/SOUTHERN POST en dien steeds die streek, wat dorpies soos Waenhuiskrans, Struisbaai, Agulhas, Elim, Klipdale, Protem, Wolvengat, Ouplaas en Riviersonderend nou ook insluit, as 'n tweetalige koerant.  Alle drukwerk word plaaslik by Suiderpers (Suid-Kaap Drukkery) gedoen.

 

 

Suidernuus/Southern Post is a weekly bi-lingual newspaper for Bredasdorp, Napier, Waenhuiskrans (Arniston), Struisbaai, Agulhas, Elim, Klipdale, Protem, Wolvengat, Ouplaas, Swellendam and Riviersonderend.  The first newspaper, Die Bredasdorp & Napier Nuus/The Bredasdorp & Napier News, was published in 1928 as official news medium of Municipal, Divisional Council and Government Notices for the District of Bredasdorp, Napier and Swellendam.  The very first owner was Mister Liebenberg. Over the years it changed hands and in 1996 it became SUIDERNUUS/SOUTHERN POST when the current owners took over the business as well as the weekly Napier newspaper Southern Post.

 

Die eienaar, Meneer Liebenberg, skryf in die eerste uitgawe: "Bredasdorp vooruit!  Ons het die waaghalsige stap geneem om die inwoners van hierdie tot nog toe onbearbeide streke met hul eie koerant te bedien.  Ons vertrou egter dat die algemene publiek nie stadig sal wees om die baie voordele wat die uitgee van 'n plaaslike nuusblad met sig bring, te besef nie."  So is hierdie eerste aanlyn weergawe van SUIDERNUUS/SOUTHERN POST nou geloods en ons glo dat ook dit 'n wenner gaan wees en die koerant in die nuwe era sal inneem.

©2020 by Suiderpers/Suidernuus
The weekly newspaper will be released on Thursday of every week.

  • Facebook